bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 57
Psalms 57
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat hy vir Saul in die grot in gevlug het.
2
Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U soek ek skuiling. Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is.
3
Ek roep na God, die Allerhoogste, na God wat my sal help.
4
Hy sal uit die hemel antwoord en my red, Hy sal dié wat my jaag, die stryd laat verloor. Sela God sal antwoord in sy liefde en trou.
5
Ek is hier tussen leeus, tussen mense wat my wil verskeur. Hulle tande is spiese en pyle, hulle tonge is skerp swaarde.
6
Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, u mag hoog bo die aarde.
7
Hulle het 'n strik vir my voete gespan, hulle wou my breek, hulle het 'n gat vir my gegrawe, maar self daarin geval. Sela
8
Ek voel weer veilig, o God! Ek voel weer veilig! Ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing.
9
Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!
10
Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing,
11
want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke!
12
Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, hoog bo die aarde u mag.
← Chapter 56
Chapter 58 →