bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 5
Psalms 5
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Psalm van Dawid.
2
Luister tog na my woorde, Here, hoor hoe ek sug.
3
Gee tog aandag aan my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
4
U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.
5
U is nie 'n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie.
6
Hooghartiges durf nie voor U kom nie. U haat almal wat onreg doen,
7
U roei alle leuenaars uit. Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs.
8
Maar ek, ek mag deur u groot liefde in u huis ingaan en in u heilige tempel buig met die eerbied wat aan U verskuldig is.
9
Omdat ek vyande het, Here, leer my tog wat reg is en help my om u wil te doen.
10
Niks wat hulle sê, is waar nie; al waaraan hulle dink, is my ondergang; hulle vlei my, maar hulle wil my in die graf laat beland.
11
Laat hulle daarvoor boet, o God, laat hulle deur hulle eie planne tot niet gaan. Dryf hulle weg oor hulle baie sondes, want hulle is opstandig teen U.
12
Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U.
13
U laat dit goed gaan met die regverdige, Here, u goedheid beskerm hom soos 'n skild.
← Chapter 4
Chapter 6 →