bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 47
Psalms 47
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.
2
Al julle volke, klap julle hande; juig tot eer van God met 'n jubelende stem,
3
want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe; Hy is die Groot Koning oor die hele aarde:
4
Hy het volke aan ons onderwerp en nasies aan ons onderhorig gemaak;
5
Hy het ons besitting vir ons uitgekies, die pragtige land van Jakob, wat Hy liefhet. Sela
6
God gaan op na sy tempel toe onder gejubel, die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.
7
Prys God, prys Hom met psalms, prys ons Koning, prys Hom met psalms!
8
God is koning oor die hele aarde; sing vir Hom 'n lied.
9
God is koning oor die nasies, God is op sy heilige troon.
10
Die leiers uit elke volk sal hulle verenig met die volk van die God van Abraham. Die heersers van die aarde is onderworpe aan God, Hy is bo almal verhewe.
← Chapter 46
Chapter 48 →