bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 43
Psalms 43
Afrikaans 1983
1
Laat tog reg aan my geskied, o God, behartig tog my saak teen 'n godlose bende, red my van vals en misdadige mense.
2
Net U is my skuiling, my God; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?
3
Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg, na u woning!
4
Laat my ingaan na die altaar van God, die God oor wie ek wil jubel en juig, dat ek U kan loof met die lier, o God, my God!
5
Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!
← Chapter 42
Chapter 44 →