bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 39
Psalms 39
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid.
2
Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie 'n woord praat as 'n slegte mens my teëstaan nie.”
3
Ek was stom en sprakeloos, ek het geswyg, nie gepraat nie, maar my smart het al hoe groter geword.
4
Daar was 'n brandpyn in my, my smart het 'n vuur in my geword. Toe móés ek praat.
5
Maak tog aan my bekend wanneer my einde sal wees, Here, en hoeveel dae daar vir my oor is, sodat ek sal weet wanneer my lewe verby is.
6
Kyk, U het bepaal dat my dae min sal wees, in u oë is my lewensduur byna niks. Ag, alle mense is maar verganklik. Sela
7
Die mens leef soos in 'n droom en hy sloof hom af vir niks. Hy gaar op, maar weet nie wie dit sal kry nie.
8
Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.
9
Red my van al my teëstanders, laat my nie die spot van dwase word nie.
10
Ek kla nie, ek maak my mond nie oop nie, want U het dit oor my gebring.
11
Neem tog weg die smart waarmee U my getref het. Die las wat U my opgelê het, laat my krag ingee.
12
As U 'n mens die straf oplê wat sy sonde verdien, verteer U hom soos 'n mot 'n kleed. Ag, alle mense is verganklik. Sela
13
Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming aangewese; U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders.
14
Neem tog u straf van my weg, dat ek weer bly kan wees voordat ek heengaan en nie meer daar is nie.
← Chapter 38
Chapter 40 →