bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 149
Psalms 149
Afrikaans 1983
1
Prys die Here! Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars.
2
Laat Israel hom verheug in sy Maker, laat die volk van Sion jubel oor die Here hulle koning.
3
Laat hulle sy Naam prys met koordanse, laat hulle speel tot sy eer op tamboeryn en lier.
4
Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning.
5
Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê.
6
Die roem van God klink uit hulle mond, en in hulle hand is die swaard, alkante geslyp,
7
waarmee hulle die nasies sal verslaan en die volke sal straf.
8
Hulle sal die konings van daardie nasies met kettings vasbind, hulle aansienlikes met ysterboeie,
9
en die vonnis aan hulle voltrek soos dit vasgestel is. Dit sal die triomf wees van al die troue dienaars van God. Prys die Here!
← Chapter 148
Chapter 150 →