bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 120
Psalms 120
Afrikaans 1983
1
'n Pelgrimslied. In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor.
2
Red my uit die mag van leuenaars, Here, uit die mag van bedrieërs.
3
Wat sal God aan jou doen, jou bedrieër? Hoe sal Hy teen jou optree?
4
Hy sal jou tref met die skerp pyle van 'n krygsman, met gloeiende kole.
5
Hoe ellendig was dit toe ek as vreemdeling in Mesek gewoon het en tussen die inwoners van Kedar gebly het!
6
Te lank moes ek woon by mense wat vrede haat.
7
Ek het vrede begeer, maar sodra ek iets gesê het, was hulle op oorlog uit!
← Chapter 119
Chapter 121 →