bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 101
Psalms 101
Afrikaans 1983
1
Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid, ek wil 'n lied sing tot u eer, Here.
2
Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe. Wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe in opregtheid,
3
niks wat sleg is, wil ek nastreef nie. Ek haat wat verkeerd is. Dit mag geen houvas op my hê nie.
4
Valsheid wil ek van my af weg hou, van kwaad wil ek niks weet nie.
5
Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis. Hoogmoed en vermetelheid verdra ek nie.
6
Ek kies as my amptenare dié in die land wat op God vertrou; die man wat opreg lewe, hy kan in my diens wees.
7
Geen bedrieër sal in my paleis diens doen nie, geen leuenaar kan my dien nie.
8
In my daaglikse regspraak sal ek al die goddeloses in die land uitwis, almal wat onreg doen uit die stad van die Here uitroei.
← Chapter 100
Chapter 102 →