bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Job 25
Job 25
Afrikaans 1983
1
Toe sê Bildad die Suagiet vir Job:
2
“Die heerskappy en die vrees kom God toe. Uit sy hoë hemel gee Hy vrede.
3
Kan die magte waaroor Hy beskik, bereken word? Oor wie skyn sy lig nie?
4
Hoe kan 'n mens reg hê voor God? Hoe kan iemand wat uit 'n vrou gebore is, onskuldig wees?
5
As vir God selfs die maan nie helder is nie en die sterre nie blink genoeg nie,
6
hoeveel te minder 'n mens, 'n blote wurm, 'n mensekind, wat maar net 'n ruspe is?”
← Chapter 24
Chapter 26 →