bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Ezekiel 15
Ezekiel 15
Afrikaans 1983
1
Die woord van die Here het tot my gekom:
2
“Mens, wat is wingerdhout beter as die kreupelhout tussen die bome in die bos?
3
Word dit gebruik om iets van te maak, of gebruik iemand 'n stuk daarvan vir 'n pen om enigiets aan op te hang?
4
Nee, dit word in die vuur gegooi om te brand. En as die twee punte gebrand is en die middel is geskroei, deug dit dan nog vir iets?
5
Ook toe dit nog ongeskonde was, kon jy nie iets daarvan maak nie, en as dit gebrand en geskroei is, kan jy dit dan nog gebruik om iets te maak?”
6
So sê die Here my God: “Van al die hout gooi Ek die wingerdhout in die vuur om te brand en so maak Ek met die inwoners van Jerusalem.
7
Ek word hulle teenstander. Hulle kom uit die vuur, maar die vuur sal hulle verteer. Wanneer Ek hulle teenstander word, sal hulle besef dat Ek die Here is.
8
Ek maak die land verlate, want hulle was troueloos,” sê die Here my God.
← Chapter 14
Chapter 16 →