bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Esther 10
Esther 10
Afrikaans 1983
1
Koning Ahasveros het die vasteland sowel as die eilande dwangarbeid laat doen.
2
Al die groot en magtige dinge wat hy gedoen het en die volle verhaal oor die hoë pos waarin hy vir Mordegai bevorder het, is opgeteken in die annale van die konings van Medië en Persië.
3
Die Jood Mordegai was tweede in bevel onder koning Ahasveros. Hy was hoog in aansien by die Jode en gewild by al sy volksgenote. Hy het hom vir die welvaart van sy mense beywer en die veiligheid van al hulle nakomelinge verseker.
← Chapter 9